1 Samuel 2:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het Hanna besoek, sodat o menade geword het en drie seuns en twee dogters gebaar het. En die kind Samuel het grootgeword voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het Hom oor Hanna ontferm. Sy het weer swanger geword en nog drie seuns en twee dogters in die wêreld gebring. Intussen het Samuel voor die Here grootgeword.
Afrikaans 1933/1953
En die HERE het ag gegee op Hanna, sodat sy swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gebaar het; en die seun Samuel het groot geword by die HERE.
Afrikaans 1983
Die Here het Hom oor Hanna ontferm, en sy het swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gehad. Ondertussen het die seun Samuel voor die Here grootgeword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Omdat die Here na Hanna omgesien het, het sy swanger geword. Sy het aan nog drie seuns en twee dogters geboorte gegee. Maar die seuntjie Samuel het by die Here grootgeword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En die Here was toe baie goed vir Hanna. Sy het weer swanger geword en sy het nog drie seuns en twee dogters gekry. Maar die seun Samuel het in die tempel grootgeword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here hét toe aan Hanna aandag gegee: sy het weer ’n baba verwag. Sy het daarna nog drie seuns en twee dogters gehad. Haar seuntjie Samuel het by die Here grootgeword.