1 Samuel 2:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nee, my seuns; want dit is geen goeie gerug wat ek hoor nie: julle laat die volk van die HERE oortree.
Afrikaans (NLV) 2011
My seuns, julle moet ophou daarmee! Wat ek van die mense hoor, is nie goed nie. Julle maak dat die mense teen die Here oortree.
Afrikaans 1933/1953
Dit moenie wees nie, my seuns, want dit is geen goeie gerug wat ek hoor nie; julle maak dat die volk van die HERE oortree.
Afrikaans 1983
Ag nee, my seuns, die gerugte wat ek verneem, is nie goed nie. Julle verlei die volk van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nee, my seuns! Want die gerug wat ek hoor besig is om onder die volk van die Here te versprei, is nie goed nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nee, my seuns, ek hoor wat die volk van die Here oor julle sê, en dit is nie goeie dinge nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nee, my seuns, dis regtig nie ’n mooi storie wat die volk van die Here rondvertel nie.