1 Samuel 2:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As die een teen die ander sondig, moet die regter hom oordeel; maar as iemand teen die HERE sondig, wie sal vir hom smeek? Maar hulle het nie na die stem van o menader geluister nie, want die HERE sou hulle doodmaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Wanneer iemand teen ’n medemens sondig, kan God oordeel. Maar as iemand teen die Here sondig, wie sal dan vir hom intree?” Maar Eli se seuns wou nie na hulle pa luister nie, want die Here het alreeds besluit dat hulle moet sterf.
Afrikaans 1933/1953
As mens teen mens sondig, dan beslis die owerheid oor hom, maar as 'n mens teen die HERE sondig, wie sal dan vir hom as skeidsregter optree? Maar hulle het nie na hul vader geluister nie, want die HERE wou hulle ombring.
Afrikaans 1983
Wanneer een mens teen 'n ander mens verkeerd optree, sal die regters die saak uitmaak, maar as 'n mens teen die Here sondig, wie sal dan die saak uitmaak?” Hulle het egter nie na hulle pa se vermaning geluister nie, want die Here het besluit om hulle dood te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As een mens teen 'n ander mens sondig, kan God die saak vir hom beslis. Maar as dit teen die Here is wat 'n mens sondig, wie sal dan sy saak behartig?” Hulle het egter nie na hulle vader geluister nie, want die Here wou hulle om die lewe bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer 'n mens sonde doen teen 'n ander mens, dan kan die regters oordeel, maar wanneer 'n mens sonde doen teen God, wie moet dan oordeel?” Maar die seuns van Eli het nie geluister na hulle pa nie, want die Here wou hulle laat sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As ’n mens teen iemand anders iets verkeerds doen, kan die regters jou miskien help. Maar wie sal jou help as jy teen die Here sondig?” Maar hulle het hulle nie aan hulle pa gesteur nie. Die Here was vir seker van plan om hulle dood te maak.