1 Samuel 2:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar het 'n man van God by Eli gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Het Ek duidelik aan die huis van jou vader verskyn toe hulle in Egipte in die huis van Farao was?
Afrikaans (NLV) 2011
Op ’n dag kom ’n man van God by Eli met die volgende boodskap van die Here: “Ek het Myself duidelik aan jou voorouers bekendgemaak toe die Israeliete in Egipte slawe van die farao was.
Afrikaans 1933/1953
En daar het 'n man van God by Eli gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Het Ek My nie duidelik geopenbaar aan die huis van jou vader toe hulle in Egipte in die huis van Farao was nie?
Afrikaans 1983
'n Man van God het by Eli gekom en vir hom gesê: “So sê die Here: Ek het My duidelik geopenbaar aan die huis van jou stamvader toe die volk in Egipte aan die farao's onderdanig was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Man van God het na Eli toe gekom en vir hom gesê: “So sê die Here, ‘Het Ek My nie duidelik geopenbaar aan die huis van jou voorvader toe hulle in Egipte onderdanig was aan die huis van die farao nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Man van God het na Eli toe gekom en vir hom gesê: “Die Here sê: Ek het vir jou voorvader se familie duidelik gewys wie Ek is. Dit was toe hulle in Egipte by die farao se huis was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar het ’n man wat God gestuur het by Eli gekom met hierdie boodskap van die Here af: “Toe jou familie in Egipte, in die land van die farao was, het Ek vir hulle mooi gesê dat Ek die Here is.