1 Samuel 2:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En het ek hom uit al die stamme van Israel gekies om my priester te wees, om op my o me te offer, om reukwerk te laat opgaan, om 'n skouerkleed voor my aangesig te dra? En het ek aan die huis van jou vader al die vuuroffers van die kinders van Israel gegee?
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het jou vader Aäron uit al sy bloedverwante gekies om offers op my altaar te offer, om wierook te brand en om die priesterlike skouerkleed te dra wanneer hy My dien. Ek het die vuuroffers van die Israeliete aan jou familie gegee.
Afrikaans 1933/1953
En Ek het hom vir My as priester uitgekies uit al die stamme van Israel om op my altaar te klim om die reukwerk aan die brand te steek, om die skouerkleed te dra voor my aangesig; en Ek het aan die huis van jou vader al die vuuroffers van die kinders van Israel gegee.
Afrikaans 1983
Ek het jou stamvader vir My uit al die Israelitiese stamme as priester uitgekies om my altaar te bedien, om wierook aan die brand te steek en om 'n skouerkleed voor My te dra. Ek het jou familie al die vuuroffers van die Israeliete gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En het Ek hom nie vir My as priester gekies uit al die stamme van Israel om op te gaan na my altaar, om reukwerk te brand, en om die efod te dra in my teenwoordigheid nie? Ek het aan die familie van jou voorvader al die offergawes van die Israeliete gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het jou voorvader gekies uit al die Israeliete om my priester te wees. Ek het hom gekies om by my altaar te kom om die wierook-offer aan die brand te steek, en om die skouer-kleed te dra. Ek het vir sy familie al die vuur-offers gegee wat die Israeliete gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het jou familie gekies uit al die families van Israel om by my altaar te werk, om wierook te brand, om my priesters te wees en om vir die mense te sê wat Ek wil hê. Ek het ook vir jou familie ’n deel van die offers gegee wat die Israeliete bring.