1 Samuel 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Praat nie meer so hoogmoedig nie; laat geen hoogmoedigheid uit jou mond kom nie, want die HERE is 'n God van kennis, en deur Hom word die dade geweeg.
Afrikaans (NLV) 2011
“Hou op om so hoogmoedig en trots te wees! Moenie met sulke verwaandheid praat nie! Die Here is ’n God wat weet van al jou dade; Hy sal jou oordeel volgens wat jy gedoen het.
Afrikaans 1933/1953
Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is 'n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.
Afrikaans 1983
“Julle moenie in hoogmoed bly praat nie, moenie aanmatigende dinge sê nie, want die Here is 'n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle moet nie verwaand bly praat nie, nie vermetele woorde oor julle lippe laat kom nie; want 'n God van kennis is die Here; deur Hom word dade geweeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moenie aanhou spog nie, julle moenie teen die Here praat nie, want die Here weet alles en Hy toets alles wat 'n mens doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Mense moet ophou met hulle grootpratery, met hulle astrante woorde. Die Here weet alles; Hy kyk wat die mense doen.