1 Samuel 2:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sê die HERE, die God van Israel: Ek het wel gesê dat jou huis en die huis van jou vader vir ewig voor my aangesig moet wandel; maar o men die HERE: Laat dit ver van My wees! Want die wat My eer, sal Ek eer, en die wat My verag, sal gering geag word.
Afrikaans (NLV) 2011
“Daarom, sê die Here, die God van Israel: ‘Ek het inderdaad gesê dat jou huis en jou nageslag altyd my priesters sou wees. Maar nou sê Ek, die Here, dit sal nie gebeur nie! Ek eer net hulle wat My eer, en Ek verag dié wat My verag.
Afrikaans 1933/1953
Daarom spreek die HERE, die God van Israel: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor my aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek die HERE: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.
Afrikaans 1983
“Daarom lewer die Here die God van Israel uitspraak: Ek het nadruklik gesê: Jou huis en jou nageslag sal My altyd in die tempel dien. “Maar nou sê Ek, die Here: Dit sal nie gebeur nie, want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Daarom is die uitspraak van die Here, die God van Israel, ‘Ek het uitdruklik gesê: “Jou huis en die huis van jou vader sal vir altyd in my teenwoordigheid diens doen.” ’ Maar nou is die uitspraak van die Here, ‘Ek sal dit nooit toelaat nie! Want mense wat My eer, sal Ek eer; maar mense wat My minag, sal veragtelik wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Omdat jy dit doen, sê Ek, die Here, die God van Israel: Ek het duidelik gesê jou nageslag en jou familie sal My altyd in die tempel dien, maar nou sê Ek dit sal nie meer so wees nie. Ek sal die mense eer wat My eer en Ek sal die mense verneder wat maak of Ek nie belangrik is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Daarom sê Ek, die Here, die God van Israel: Ek het vir seker gesê dat jou familie geslag na geslag vir altyd in my tempel sal werk. Maar nou is Ek klaar met julle, want Ek eer die wat My eer, maar wie nie vir My respek het nie, sal self geminag word.