1 Samuel 2:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, daar kom dae dat Ek jou arm en die arm van jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen ou man in jou huis sal wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Kyk, daar kom ’n tyd wanneer Ek die priesterskap van jou nageslag en die nageslag van jou pa sal wegneem. Niemand in jou pa se huis sal oud word nie.
Afrikaans 1933/1953
Kyk, die dae kom dat Ek jou arm en die arm van jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen bejaarde in jou huis sal wees nie.
Afrikaans 1983
Daar kom 'n tyd dat Ek die priesterskap van jou en jou familie af sal wegvat, en in jou familie sal niemand oud word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘ Kyk, die tyd kom dat Ek jou mag en die mag van jou vader se huis sal kortknip, sonder dat daar 'n bejaarde in jou huis sal wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar sal 'n dag kom wanneer jy en jou familie nie meer priesters sal wees nie, en niemand uit jou familie sal 'n leier wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Daar kom ’n tyd wanneer Ek die mag wat jy het en die mag van jou familie gaan kortknip, almal in jou familie sal jonk doodgaan.