1 Samuel 2:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy sal 'n o me in my woning sien, in al die rykdom wat God aan Israel sal gee; en daar sal vir ewig geen ou man in jou huis wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy sal in jou ellende na my woning staan en kyk, en sien hoeveel voorspoed Ek vir Israel gee, maar daar sal niemand in jou familie wees wat oud word nie.
Afrikaans 1933/1953
Dan sal jy die benoudheid van my woning aanskou, in alles waarin Hy aan Israel goed sal doen; en in jou huis sal daar al die dae geen bejaarde wees nie.
Afrikaans 1983
Jy sal in nood na my woonplek staan en kyk tussen al die weldade wat Ek aan Israel sal bewys. In jou familie sal niemand ooit oud word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy sal met angs, met jaloesie, al die goeie wat Hy aan Israel doen, moet aanskou, terwyl daar nooit meer 'n bejaarde in jou huis sal wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy sal sien dat dit sleg gaan in hierdie tempel. Ek sal baie goeie dinge laat gebeur met die Israeliete, maar daar sal nooit weer 'n leier uit jou familie kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy sal baie bekommerd wees oor die tempel. Dit sal met Israel goed gaan, maar van jou familie sal niemand ooit oud word nie.