1 Samuel 2:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die man van jou wat Ek nie van my o me af sal uitroei nie, sal jou oë verteer en jou hart bedroef;
Afrikaans (NLV) 2011
Tog sal Ek een man spaar om by die altaar te dien. Wanneer jou oë dof word en jou kragte min, sal jou afstammelinge in die fleur van hulle lewe sterf.
Afrikaans 1933/1953
Maar Ek sal, om jou oë te laat wegkwyn en jou siel te laat versmag, een vir jou nie uitroei van my altaar af nie; en al wat aangroei uit jou huis, sal op manlike leeftyd sterwe.
Afrikaans 1983
Net een sal Ek nie van my altaar afsny nie. Maar wanneer Ek jou oë laat dof word en jou gees stil maak, sal die meerderheid van jou huis in die fleur van hulle lewe sterf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En as Ek iemand wat aan jou behoort van my altaar nie afsny nie, sal dit net wees om jou oë te laat verdof en jou lewenskrag te laat wegkwyn. En almal wat by jou huis gevoeg word, sal deur die swaard van mense sterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer jy nie meer goed kan sien nie en swak geword het, dan sal Ek net een persoon laat oorbly by my altaar. Die meeste mans in jou familie sal sterf voordat hulle oud geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As daar iemand van jou mense oorbly wat Ek nie van my altaar af wegvat nie, sal hy vir jou net hartseer en verdriet bring. Maar die meeste van jou familie sal jonk doodgaan.