1 Samuel 2:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal vir My 'n getroue priester verwek, wat sal handel volgens wat in my hart en in my verstand is; en Ek sal vir hom 'n vaste huis bou; en hy sal vir ewig voor my gesalfde wandel.
Afrikaans (NLV) 2011
“Dan sal Ek ’n getroue priester aanstel wat My sal dien. Hy sal doen wat Ek vereis. Ek sal sy nageslag seën en hulle sal lewenslank priesters wees vir my gesalfde.
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal vir My 'n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in my hart en in my siel is, en Ek sal vir hom 'n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die aangesig van my gesalfde kan wandel.
Afrikaans 1983
Dan sal Ek vir my 'n betroubare priester aanstel. Volgens my wil en wens sal hy handel, en Ek sal vir hom 'n bestendige nageslag gee. Hy sal altyd diens doen as my gesalfde priester.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘Ek sal vir My 'n betroubare priester aanstel wat volgens my wil en wens sal optree. Ek sal vir hom 'n bestendige huis bou, sodat hy altyd voor my gesalfde sal diens doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar dan sal Ek vir My 'n priester kies en aanstel, en hy sal wees soos Ek wil hê hy moet wees. Hy sal doen wat Ek wil hê hy moet doen, en sy nageslag sal wees soos Ek wil hê hulle moet wees. Hy sal altyd my gesalfde dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek sal vir My ’n betroubare priester aanstel wat sal doen wat Ek wil hê hy moet doen. Ek sal vir sy nageslag ’n priesterskap gee wat sal aanhou: hulle sal altyd vir die koning werk wat Ek gaan kies.