1 Samuel 2:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En elkeen wat in jou huis oorbly, sal o men by hom buig vir 'n silwerstuk en 'n stukkie brood en sê: Sit my tog in een van die priesters. Ampte, dat ek 'n stukkie brood kan eet.
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal jou nageslag voor sy nageslag kom buig en vir geld of ’n stukkie brood bedel. Hulle sal sê: ‘Gee ons asseblief werk in een van die priesterordes sodat ons kos kan hê om te eet.’”
Afrikaans 1933/1953
En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om hulle voor hom neer te buig vir 'n geldstukkie en 'n broodjie, en hulle sal sê: Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek 'n stukkie brood kan eet.
Afrikaans 1983
Maar elkeen wat uit jou familie oorbly, sal voor my priester kom buig vir 'n geldstukkie of 'n snytjie brood en sê: Neem my tog op in een van die priesterordes dat ek 'n stukkie brood kan hê om te eet!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En elkeen wat oorbly in jou familie, sal kom om diep voor hom te buig vir 'n stukkie silwer en 'n ronde brood. En hulle sal sê: “Stel my asseblief aan by een van die priesterlike take, sodat ek 'n stukkie brood het om te eet.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elkeen in jou familie wat aanhou lewe, sal voor my priester kom buig om 'n bietjie geld of 'n klein broodjie te kry. Hy sal vra: ‘Laat my asseblief 'n priester wees, sodat ek 'n bietjie kos kan hê om te eet.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elkeen wat van jou familie oorbly, sal voor my priester gaan kniel vir ’n bietjie geld en ’n broodjie en vir hom sê: ‘Deel my asseblief in by een van die priestergroepe sodat ek tog ook iets kan hê om te eet.’”