1 Samuel 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die boë van die helde is gebreek, en die wat struikel, is met krag omgord.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle wat magtig was, is dit nie meer nie; en hulle wat swak was, is nou sterk.
Afrikaans 1933/1953
Die boog van die helde is verbreek; maar die wat gestruikel het, is met krag omgord.
Afrikaans 1983
“Die boog van die magtiges is verbreek, dié wat gestruikel het, het nuwe krag gekry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Die boë van helde is verpletter, maar dié wat struikel, omgord hulleself met krag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die pyl en boog van mense wat oorlog maak, is stukkend, maar die mense wat geval het, staan weer op en hulle is sterk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die boë van die sterk mense is gebreek, maar die swak mense wat wou val, is nou sterk.