1 Samuel 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die wat versadig was, het hulleself verhuur vir brood; en die wat honger was, het opgehou, sodat die onvrugbare sewe gebore het; en sy wat baie kinders het, het swak geword.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle wat goed geëet het, ly nou honger; en hulle wat honger was, is nou versadig. Die kinderlose vrou het nou sewe kinders, maar die vrou met baie kinders kwyn weg.
Afrikaans 1933/1953
Die wat versadig was, het hulle vir brood verhuur; maar die wat honger gehad het, rus. Selfs die onvrugbare het sewe gebaar, maar sy wat ryk aan kinders was, het verwelk.
Afrikaans 1983
Wie versadig was, moet hulle nou vir brood verhuur, wie honger was, het oorgenoeg om te eet. Die onvrugbare bring sewe in die wêreld, die een met baie kinders kwyn weg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle wat versadig was, verhuur hulleself vir brood, maar hulle wat honger was, het oorvloed. Selfs die onvrugbare gee geboorte aan sewe, maar die vrou met baie seuns kwyn weg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Mense wat altyd meer kos gehad het as wat hulle kon eet, moet nou werk om 'n stukkie kos te kry. Maar mense wat altyd honger was, het nou genoeg om te eet. 'n Vrou wat nie kinders kon kry nie, het nou sewe kinders, en 'n vrou wat baie kinders gehad het, het nou niks kinders nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mense wat baie kos gehad het, moet nou werk vir ’n bietjie kos, en dié wat honger was, is heeltemal versadig. Die vrou wat nie kon kinders kry nie, het nou sewe kinders, en met die een wat baie kinders gehad het, gaan dit sleg.