1 Samuel 20:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Jónatan vir Dawid: Môre is dit nuwemaan, en jy sal gemis word, want jou sitplek sal leeg wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Jonatan sê verder: “Môre is dit nuwemaan. Jou afwesigheid sal opval omdat jou sitplek leeg sal wees.
Afrikaans 1933/1953
Verder het Jonatan vir hom gesê: M“re is dit nuwemaan, en jy sal gemis word, want jou sitplek sal leeg wees.
Afrikaans 1983
Jonatan het ook nog vir hom gesê: “Môre is nuwemaan, en jy sal gemis word omdat jou leë sitplek opgemerk sal word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jonatan sê toe vir hom: “Môre is dit nuwemaan. Jy sal gemis word, want jou plek sal leeg wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarna het Jonatan vir Dawid gesê: “Môre is Nuwemaan-fees, en my pa sal sien jy is nie daar nie, want jou sitplek sal leeg wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna sê Jonatan: “Môre is dit die nuwemaansfees. Hulle sal jou mis, want jou plek sal leeg wees.