1 Samuel 20:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Jónatan het sy geweer aan sy seun gegee en vir hom gesê: Gaan dra hulle na die stad.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe gee Jonatan sy boog en pyle vir die seun en beveel hom: “Hierso! Vat dit terug huis toe.”
Afrikaans 1933/1953
Toe gee Jonatan sy wapens aan die dienaar wat by hom was, en sê vir hom: Gaan, bring dit na die stad.
Afrikaans 1983
Jonatan het sy wapens aan die slaaf wat by hom was, gegee en vir hom gesê: “Loop! Vat dit stad toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jonatan gee toe sy wapens vir die jong dienaar wat by hom was en sê vir hom: “Gaan, neem dit stad toe!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jonatan het sy wapens vir die seun gegee en vir hom gesê: “Gaan neem dit na die stad.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jonatan gee toe sy wapens vir die seun en sê vir hom: “Vat dit terug dorp toe!”