1 Samuel 24:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê vir Dawid: Jy is regverdiger as ek, want jy het my goed vergeld, terwyl ek jou kwaad vergeld het.
Afrikaans (NLV) 2011
Nadat Dawid dit gesê het, antwoord Saul: “Is dit regtig jy, my seun Dawid?” Hy het begin huil
Afrikaans 1933/1953
Toe Dawid hierdie woorde ten einde toe tot Saul gespreek het, sê Saul: Is dit jou stem, my seun Dawid? En Saul het sy stem verhef en geween
Afrikaans 1983
Nadat Dawid dit alles vir Saul gesê het, het Saul gevra: “Is dit jy wat praat, my seun, Dawid?” Toe begin Saul hard huil
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Dawid hierdie woorde klaar vir Saul gesê het, het Saul gevra: “Is dit jou stem, my seun Dawid?” Saul het hardop begin huil
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Dawid dit klaar vir Saul gesê het, het Saul gevra: “My seun Dawid, is dit jy wat praat?” En Saul het hard begin huil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Dawid klaar gepraat het, sê Saul: “Is dit jý wat daar praat, Dawid, my kind?” Toe bars hy in trane uit en huil hardop.