1 Samuel 24:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Saul drieduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel geneem en Dawid en sy manne op die rotse van die wildsbokke gaan soek.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Saul van die inval van die Filistyne teruggekom het, het hy gehoor dat Dawid in die bergskuilings van En-Gedi is.
Afrikaans 1933/1953
En net toe Saul terugkom agter die Filistyne vandaan, is aan hom meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in die woestyn van ngedi.
Afrikaans 1983
Net toe Saul van die veldtog teen die Filistyne af terugkom, is aan hom vertel: “Dawid is in die En-Gediwoestyn.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nadat Saul teruggekeer het vanwaar hy die Filistyne agtervolg het, is daar aan hom berig gebring: “Kyk, Dawid is in die woestyn by En-Gedi.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Saul terugkom nadat hy teen die Filistyne gaan veg het, het die mense vir hom gesê dat Dawid in die woestyn by En-Gedi is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Saul terug is by die huis nadat hy die Filistyne uitgejaag het, het hy gehoor Dawid is in die En-Gediwoestyn.