1 Samuel 26:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dawid het geantwoord en gesê: Daar is die spies van die koning! en laat een van die jongmanne oorkom en dit gaan haal.
Afrikaans (NLV) 2011
“Hier is u spies, Koning,” antwoord Dawid. “Laat een van die jong manne oorkom en dit kom haal.
Afrikaans 1933/1953
En Dawid antwoord en sê: Hier is die spies van die koning; laat dan een van die jongmanne deurkom om dit te haal.
Afrikaans 1983
Toe sê Dawid: “Hier is die koning se spies. Laat een van u manskappe tog oorkom en dit kom haal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dawid het geantwoord en gesê: “Hier is die vegspies van die koning; laat een van die jong manne oorkom en dit kom haal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dawid het geantwoord en gesê: “Hier is die koning se spies, stuur een van die jongmanne om dit te kom haal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dawid sê toe vir hom: “Hier is u spies, U Majesteit. Laat een van die jong manne oorkom en dit kom haal.