1 Samuel 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! Toe antwoord Samuel: Spreek; want u kneg luister.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here kom staan toe daar en roep soos die vorige kere: “Samuel, Samuel!” Samuel het geantwoord: “Ja, Here, u dienaar luister.”
Afrikaans 1933/1953
Toe het die HERE gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.
Afrikaans 1983
Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!” En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het gekom en gaan staan, en geroep soos die vorige kere: “Samuel! Samuel!” Samuel het geantwoord: “Spreek, want u dienskneg luister.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het gekom en Hy het daar gestaan en weer geroep: “Samuel! Samuel!” Samuel het gesê: “Praat asseblief, ek is u dienaar en ek luister.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel! Samuel!” Toe antwoord Samuel: “Praat maar, u dienaar luister.”