1 Samuel 3:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het na Eli gehardloop en gesê: Hier is ek; want U het my geroep. En hy antwoord: Ek het nie geroep nie; weer gaan lê. En hy het gegaan en gaan lê.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy spring op en hardloop na Eli toe. “Hier is ek. U het my geroep!” “Nee, ek het jou nie geroep nie,” antwoord Eli. “Gaan maar terug bed toe.” Hy maak toe so.
Afrikaans 1933/1953
Daarop loop hy na Eli en sê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie; gaan slaap maar weer. Hy het toe geloop en gaan lê.
Afrikaans 1983
Hy het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.” En Samuel het gaan lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy hardloop toe na Eli en sê: “Hier is ek, want u het na my geroep.” Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie. Gaan lê maar weer.” Hy het toe gaan lê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Samuel het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want jy het my geroep.” Maar Eli het gesê: “Ek het jou nie geroep nie. Gaan slaap weer.” Samuel het gaan slaap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
en gou na Eli toe gegaan. “U het my geroep. Het u my nodig?” het hy gevra. “Nee, ek het jou nie geroep nie,” het Eli geantwoord. “Gaan lê maar weer.” Hy het toe weer gaan lê.