1 Samuel 6:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die manne het so gedoen; en twee melkkoeie geneem en dit aan die wa vasgemaak en hulle kalwers by die huis opgesluit.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie voorskrifte is uitgevoer. Twee koeie met pasgebore kalwers is voor die wa ingespan en hulle kalwers is op hok gesit.
Afrikaans 1933/1953
Die manne doen toe so: hulle het twee melkkoeie geneem en die voor die wa gespan en hulle kalwers by die huis agtergehou.
Afrikaans 1983
Die Filistyne het dit toe gedoen. Hulle het die twee koeie gevat en voor die wa ingespan en hulle kalwers in die kraal gehou,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die manne het toe so gemaak. Hulle het twee koeie wat in die melk was, geneem en voor 'n wa ingespan, maar hulle kalwers is teruggehou by die huis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die manne het dit toe gedoen. Hulle het twee koeie geneem wat kalwers het. Die koeie het die wa getrek, en die manne het die kalwers by die huis laat bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het toe so gemaak. Hulle span twee koeie wat in melk is, voor die wa en hou die kalwers op stal.