1 Samuel 7:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die manne van Israel het uit Mispa uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle verslaan totdat hulle onder Bet-kar gekom het.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Israeliete het hulle agtervolg van Mispa af en hulle tot by Bet-Kar afgemaai.
Afrikaans 1933/1953
En die manskappe van Israel het uit Mispa uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle verslaan tot onderkant Bet-Kar.
Afrikaans 1983
Die Israeliete het van Mispa af die Filistyne agtervolg en hulle verdryf tot onderkant Bet-Kar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die manskappe van Israel het uit Mispa getrek en die Filistyne agtervolg en bly neervel, tot onderkant Bet-Kar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die manne van Israel het uit Mispa gegaan en hulle het die Filistyne gevolg en gejaag tot anderkant die stad Bet-Kar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die manskappe van die Israeliete het die Filistyne van Mispa af tot onderkant Bet-Kar gejaag en hulle afgemaai.