1 Samuel 7:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het van jaar tot jaar rondgetrek na Bet-el en Gilgal en Mispa en Israel op al daardie plekke gerig.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het elke jaar rondgegaan, eers by Bet-El, dan by Gilgal en daarna by Mispa, waar hy geskille aangehoor het.
Afrikaans 1933/1953
Hy het van jaar tot jaar rondgetrek na Bet-el en Gilgal en Mispa, en Israel op al hierdie plekke gerig.
Afrikaans 1983
Hy het van tyd tot tyd rondgegaan, by Bet-El, Gilgal en Mispa. By al hierdie plekke het hy Israel se hofsake verhoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het van jaar tot jaar rondgegaan by Bet-El, Gilgal en Mispa, en Israel op al hierdie plekke gerig
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het elke jaar by die stede Bet-El en Gilgal en Mispa gekom en hy was by al hierdie plekke die regter van die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het elke jaar Bet-El, Gilgal en Mispa toe gegaan en by al die altare na die Israeliete se regsake geluister en vir hulle gesê wat die Here se uitspraak is.