1 Samuel 7:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Samuel: Versamel die hele Israel in Mispa, en ek sal vir julle tot die HERE bid.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê Samuel vir hulle: “Die hele Israel moet by Mispa bymekaarkom. Dan sal ek vir julle tot die Here bid.”
Afrikaans 1933/1953
Verder het Samuel gesê: Versamel die hele Israel by Mispa, dan sal ek tot die HERE vir julle bid.
Afrikaans 1983
Toe sê Samuel: “Die hele Israel moet by Mispa bymekaarkom, dan sal ek vir julle tot die Here bid.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Samuel sê toe: “Bring die hele Israel by Mispa byeen, dan sal ek vir julle tot die Here bid.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Samuel het gesê: “Julle moet al die Israeliete by die stad Mispa laat bymekaarkom, dan sal ek tot die Here bid vir julle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Samuel sê toe: “Laat al die Israeliete by Mispa bymekaarkom, dan sal ek vir julle by die Here pleit.”