1 Samuel 8:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na hulle stem en maak 'n koning van hulle. Toe sê Samuel aan die manne van Israel: Gaan elkeen na sy stad.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here se antwoord was: “Doen soos hulle sê en stel ’n koning oor hulle aan.” Samuel sê toe vir die manne van Israel: “Gaan nou elkeen na sy huis toe.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na hulle en stel 'n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.
Afrikaans 1983
Toe sê die Here vir Samuel: “Gee toe aan hulle versoek. Stel 'n koning oor hulle aan.” Samuel het vir die manne van Israel gesê: “Gaan julle nou almal huis toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het vir Samuel gesê: “Luister na hulle en stel vir hulle 'n koning aan.” Samuel het daarna vir die mense van Israel gesê: “Gaan elkeen dan nou na sy stad toe!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En die Here het vir Samuel gesê: “Jy moet doen wat hulle vra, jy moet vir hulle 'n koning kies en aanstel.” Samuel het toe vir die leiers van Israel gesê: “Julle moet teruggaan, elkeen na sy stad.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê toe vir hom: “Luister na hulle en stel ’n koning oor hulle aan.” Samuel het vir die familiehoofde gaan sê: “Gaan elkeen eers terug na sy dorp toe.”