1 Timothy 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vir hoereerders, vir hulle wat hulle met die mensdom verontreinig, vir menstelers, vir leuenaars, vir meineed, en as daar enigiets anders is wat in stryd is met die gesonde leer;
Afrikaans (NLV) 2011
Die wet is vir mense wat seksueel immoreel is, vir seksuele perverte, vir slawehandelaars, vir leuenaars, eedbrekers en vir hulle wat enigiets anders doen wat die gesonde leer weerspreek —
Afrikaans 1933/1953
hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,
Afrikaans 1983
ontugtiges, mense wat homoseksualiteit beoefen, ontvoerders, leuenaars, dié wat meineed pleeg of enigiets anders doen wat met die gesonde leer in stryd is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
...
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het die wette gegee vir mense wat onsedelik lewe, vir mans wat met mans onsedelike dinge doen, vir mense wat ander mense vang en hulle verkoop om slawe te wees, vir mense wat lieg en in die hof leuens vertel. Die wette is vir mense wat dinge doen wat verkeerd is, hulle doen niks wat 'n mens móét doen nie, hulle doen niks van die goeie dinge wat ons geleer het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die wet is daar vir mense wat hulle nie aan die reëls van die huwelik steur nie en allerhande perverse seksuele dinge doen. Dit geld ook vir mense wat nie respek vir ander mense het nie en hulle ontvoer of verkoop vir geld. Die wet is ook bedoel vir leuenaars wie se woord nie hulle eer is nie of vir mense wat nie meer doen wat hulle as Christene geleer is om te doen nie.