1 Timothy 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Volgens die heerlike evangelie van die geseënde God, wat aan my toevertrou was.
Afrikaans (NLV) 2011
dié leer wat ooreenstem met die heerlike Goeie Nuus wat aan my toevertrou is deur ons goeie God.
Afrikaans 1933/1953
volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.
Afrikaans 1983
Die gesonde leer is in ooreenstemming met die evangelie wat aan my toevertrou is, die evangelie van die heerlikheid van die goeie God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
...
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons het dinge geleer wat pas by die goeie boodskap van God wat Koning is. Ons moet altyd vir God prys. God het die goeie boodskap vir my gegee om vir julle te bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat het hulle geleer? Hulle het die wonderlike boodskap geleer wat ek vir ander moes vertel. Dit gaan oor hoe groot en goed God is.