1 Timothy 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek dank Christus Jesus, onse Here, wat my in staat gestel het, dat Hy my getrou geag het deur my in die bediening te stel;
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe dankbaar is ek teenoor Christus Jesus ons Here. Hy het my krag gegee en betroubaar geag om my in sy diens te stel,
Afrikaans 1933/1953
En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het,
Afrikaans 1983
Teenoor Christus Jesus ons Here is ek dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek dank Hom wat my versterk het, •Christus Jesus, ons Here, omdat Hy my betroubaar geag het toe Hy my in sy diens aangestel het
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sê dankie vir Christus Jesus, ons Here, want Hy het vir my die krag gegee om my werk te doen. Ek sê ook vir Hom dankie dat Hy gedink het ek sal doen wat Hy wil hê, dankie dat Hy vir my die werk gegee het om die goeie boodskap te bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is Christus Jesus baie dankbaar dat Hy my vertrou en my gevra het om hierdie werk vir Hom te doen. Hy gee my ook die krag om dit te kan doen.