1 Timothy 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy was voorheen 'n lasteraar en 'n vervolger en kwaaddoener, maar ek het barmhartigheid verkry, omdat ek dit onwetend in ongeloof gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011
selfs al het ek voorheen die Naam van Christus belaster. Ek het sy mense vervolg en hulle mishandel. Maar God het sy genade aan my bewys omdat ek dit uit onkunde en ongeloof gedoen het.
Afrikaans 1933/1953
my wat vroeër 'n lasteraar en 'n vervolger en 'n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof.
Afrikaans 1983
al het ek Hom voorheen belaster, vervolg en beledig. Maar God was genadig teenoor my omdat ek in my ongeloof nie geweet het wat ek doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
– vir my wat voorheen 'n lasteraar, 'n vervolger en 'n geweldenaar was. Nogtans is ek begenadig, omdat ek uit ongeloof onkundig opgetree het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Voordat ek 'n gelowige geword het, het ek slegte dinge gesê van Christus, ek het die mense van sy kerk verdruk en beledig. Maar Christus was genadig vir my, omdat ek daardie dinge gedoen het toe ek nog nie in Hom geglo het nie, ek het nie geweet dat ek verkeerd doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het my die werk gegee om te doen al het ek vroeër lelike dinge oor Hom gesê, sy volgelinge in die moeilikheid probeer bring en hulle selfs met geweld seergemaak. Maar God het my jammer gekry omdat ek nie geweet het wat ek doen nie, want ek het nog nie in God geglo nie.