1 Timothy 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die genade van onse Here was oorvloedig oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe oorvloedig was die onverdiende goedheid van ons Here nie en hoe het Hy my nie oorlaai met geloof en met die liefde wat ons deel word wanneer ons aan Christus Jesus verbind word nie.
Afrikaans 1933/1953
En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
Afrikaans 1983
Ons Here het my oorlaai met sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons Here se genade oor my was oorvloedig, en daarmee saam ook nog die geloof en liefde wat daar in Christus Jesus is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons Here was baie goed vir my. Hy het my laat glo in Hom, en Hy het my lief gemaak vir mense. Dit gebeur wanneer 'n mens aan Christus Jesus behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het my toe eenvoudig oorweldig met sy goedheid. By Hom het ek geleer om op Hom te vertrou en om ander lief te hê soos Hy my liefhet.