1 Timothy 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar daarom het ek barmhartigheid verkry, dat Jesus Christus in my eerstens alle lankmoedigheid kon betoon, as 'n voorbeeld vir die wat hierna in Hom sou glo tot die ewige lewe.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar juis daartoe was God my genadig dat Christus Jesus aan my, die ergste sondaar van almal, God se groot geduld kon illustreer en my as voorbeeld kon gebruik vir hulle wat nog sal glo en só die ewige lewe sal ontvang.
Afrikaans 1933/1953
Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om 'n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.
Afrikaans 1983
Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek is juis om hierdie rede begenadig, sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy geduld kon betoon, as voorbeeld vir hulle wat in Hom sou glo met die oog op die ewige lewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Christus Jesus was baie goed vir my. Ek was die grootste sondaar, maar Hy het vir my gewys dat Hy baie geduldig is. Daarom het ek 'n voorbeeld geword vir ander mense, mense wat ook in Hom kan glo en die ewige lewe kan kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Juis daarom was Jesus so goed vir my. Slegter as wat ek was, kan niemand wees nie, maar so het Jesus duidelik gewys dat Hy nie moed verloor met selfs die slegstes onder ons nie. Ons moet dit onthou as voorbeeld vir almal wat Jesus nog gaan teëkom en wat dan vir ewig saam met God gaan lewe omdat hulle op Jesus vertrou.