1 Timothy 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nou aan die Koning, die ewige, onsterflike, onsigbare, die enigste wyse God, kom toe eer en heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.
Afrikaans (NLV) 2011
Aan die ewige Koning, die onsterflike, onsigbare, enigste God, die eer en die heerlikheid vir ewig en altyd. Amen.
Afrikaans 1933/1953
Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.
Afrikaans 1983
Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan die Koning van die eeue, die onsterflike, onsienlike, enigste God kom toe eer en heerlikheid vir ewig en ewig. •Amen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek bid dat die mense altyd vir God sal eer en prys, God wat altyd Koning is en wat altyd lewe. Ons sien nie vir God nie, net Hy is God. Amen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat ons nooit ophou om die enigste God groot te maak en vir almal te vertel hoe wonderlik Hy is nie. Hy is ons Heerser vir altyd; niemand kan Hom sien nie en Hy gaan ook nie dood nie. So is dit en so sal dit bly.