1 Timothy 1:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hierdie opdrag dra ek aan jou toe, seun Timoteus, volgens die profesieë wat aan jou voorafgegaan het, sodat jy daardeur 'n goeie oorlog kan voer;
Afrikaans (NLV) 2011
Timoteus, my kind, hiermee gee ek my opdrag aan jou, gegrond op die profetiese woorde wat voorheen oor jou uitgespreek is. Mag daardie woorde jou die selfvertroue gee om goed te veg in die Here se veldslae.
Afrikaans 1933/1953
Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind TimotheÂs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry
Afrikaans 1983
Hierdie opdrag gee ek aan jou, Timoteus, my kind, in ooreenstemming met die profesieë wat vroeër oor jou uitgespreek is. Met hierdie woorde in gedagte, moet jy die goeie stryd stry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie opdrag vertrou ek aan jou toe, my kind Timoteus, in ooreenstemming met die profesieë wat vroeër oor jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Timoteus, jy is vir my soos my eie kind. Profete het voorheen gesê wat met jou sal gebeur. Daarom sê ek ook nou vir jou wat jy moet doen sodat jy soos 'n goeie soldaat kan aanhou veg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Timoteus, my seun, laat ek vir jou verduidelik wat ek wil hê jy moet doen. God het mos ’n profesie gegee oor wat jy aan party mense in die gemeente gaan doen. Hulle het dit vir die gemeente vertel. As jy dit doen, sal jy ’n wenner wees.