1 Timothy 1:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Met geloof en 'n goeie gewete; wat sommige vanweë die geloof weggedoen het, skipbreuk gebring het.
Afrikaans (NLV) 2011
Hou styf vas aan jou geloof, en hou altyd jou gewete skoon. Want sommige mense het opsetlik hulle gewete eenkant gestoot en as gevolg daarvan het hulle geloof skipbreuk gely.
Afrikaans 1933/1953
en aan die geloof en 'n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely,
Afrikaans 1983
Hou vas aan die geloof en behou 'n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
met geloof en 'n goeie gewete – iets wat sommige mense versaak het, waardeur hulle geloof skipbreuk gely het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet aanhou glo en jy moet onthou wat is reg en wat is verkeerd. Party mense wou dit nie onthou nie en hulle het opgehou glo, hulle geloof was soos wanneer 'n skip stukkend stamp op die rotse en sink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie iets doen waaroor jy sleg sal voel nie en vertrou Jesus Christus. Party mense wou niks weet van hierdie dinge nie en verkeerde dinge het hulle later nie meer gepla nie. Daarom is daar ook niks van hulle Christenskap oor nie en hulle vertrou ook nie meer op Jesus nie.