1 Timothy 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan Timoteus, my eie seun in die geloof: Genade, barmhartigheid en vrede van God ons Vader en Jesus Christus ons Here.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek skryf aan Timoteus, my ware kind in die geloof. Mag die genade, die ontferming en die vrede van God ons Vader en Christus Jesus ons Here met jou wees.
Afrikaans 1933/1953
aan TimotheÂs, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!
Afrikaans 1983
Aan Timoteus, my eie kind in die geloof. Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Here!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
aan Timoteus, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid en vrede van God, die Vader, en Christus Jesus, ons Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek, Paulus, skryf hierdie brief vir jou, Timoteus. Jy is vir my soos my eie kind, want ek het jou gehelp om in Christus te glo. Ek bid dat God die Vader en Christus Jesus ons Here genadig sal wees vir jou en dat Hy goed sal wees vir jou wanneer jy swaarkry. Ek bid ook dat Hy vir jou vrede sal gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie brief is vir jou, Timoteus. Jy is my ware geestelike seun, want jy glo ook in Jesus Christus. Mag God ons Vader, en Christus Jesus ons Here, baie goed vir jou wees, meer as wat jy verdien. Mag jy hulle warm hart van liefde elke dag ervaar en mag dit vir jou daardie wonderlike vrede gee wat ’n mens net by God en Christus kan kry.