1 Timothy 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos ek jou gesmeek het om nog in Éfese te bly, toe ek na Masedonië gegaan het, sodat jy sommige kan bevel dat hulle geen ander leer leer nie,
Afrikaans (NLV) 2011
Toe ek na Masedonië vertrek het, het ek by jou aangedring om daar in Efese te bly en dié wat vals leerstellings verkondig, te verbied.
Afrikaans 1933/1953
Soos ek jou versoek het toe ek na Macedonië op reis was, moet jy in Âfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie,
Afrikaans 1983
Soos by my vertrek na Masedonië toe, dring ek nou weer by jou daarop aan om in Efese te bly. Daar is sekere mense wat vals leerstellings versprei, en jy moet hulle dit verbied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos ek by jou aangedring het toe ek na Macedonië vertrek het, moet jy in Efese bly, sodat jy sekere mense opdrag kan gee om nie vreemde leringe te versprei,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Voordat ek na die provinsie Masedonië gegaan het, het ek vir jou mooi gevra om in Efese te bly. Nou vra ek weer vir jou mooi om daar te bly sodat jy vir party mense kan sê hulle moet ophou om verkeerde dinge vir die mense te leer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy onthou mos nog wat ek jou gevra het net voor ek weg is Noord-Griekeland toe. Ek het gevra dat jy in Efese moes bly. Moenie daar weggaan nie, want jy moet sorg dat daardie vals predikers end kry met al die verkeerde dinge wat hulle van God vertel.