1 Timothy 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gee ook nie ag op fabels en eindelose geslagsregisters wat vrae bedien nie, eerder as die goddelike opbouing wat in die geloof is.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie dat mense tyd mors met eindelose spekulasies oor mites en geslagsregisters nie. Want hierdie dinge veroorsaak net twisgesprekke; dit bevorder nie ’n lewenspatroon van geloof in God nie.
Afrikaans 1933/1953
en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is.
Afrikaans 1983
Hulle moet hulle nie met verdigsels en eindelose geslagsregisters besig hou nie. Sulke dinge gee eerder aanleiding tot twisgesprekke as dat dit die vorming bevorder wat God deur die geloof gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en om hulle nie met mites en eindelose geslagsregisters op te hou nie. Hierdie dinge bevorder eerder sinlose argumente as God se plan, wat Hy deur die geloof ten uitvoer wil bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle moet ook ophou om te luister na al die stories wat nie waar is nie en hulle moet ook nie dink dat baie name van voorouers belangrik is nie. Hierdie dinge laat mense stry met mekaar, hierdie dinge help hulle nie om te glo dat God 'n plan het om die mense te red wat in Christus glo nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle hou hulle besig met ’n klomp stories wat hulle uit die duim suig en probeer allerhande spesiale dinge uit geslagsregisters aflei. Hulle wil net ’n stryery aan die gang sit in plaas daarvan om hulle met die werk van God besig te hou. ’n Gelowige sal mos eerder God se werk wil doen.