1 Timothy 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die einde van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en uit ongeveinsde geloof.
Afrikaans (NLV) 2011
Die doel van my opdrag is dat al die Christene daar vervul sal wees met liefde wat uit ’n rein hart, ’n skoon gewete en opregte geloof kom.
Afrikaans 1933/1953
Maar die doel van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof
Afrikaans 1983
Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit 'n rein hart, 'n goeie gewete en 'n opregte geloof kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die doel van die opdrag is liefde uit 'n rein hart, 'n skoon gewete en 'n ongeveinsde geloof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sê dit vir julle omdat gelowiges lief moet wees vir mekaar en vir God. Gelowiges moet mense wees wat net vir God dien, hulle moet goed weet wat is reg en wat is verkeerd, en hulle moet waarlik in Christus glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Doen dit asseblief, want dit lei tot liefde. Dit gebeur as ’n mens nie iets vir God probeer wegsteek nie en daar nie kwade bedoelings in jou is nie. Jy moet ook regtig op God vertrou en nie net maak of jy op Hom vertrou nie.