1 Timothy 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Begeer om leraars van die wet te wees; verstaan nie wat hulle sê of wat hulle bevestig nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle wil bekend wees as leermeesters van die wet van Moses, maar hulle verstaan nie wat hulle sê nie.
Afrikaans 1933/1953
hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.
Afrikaans 1983
Hulle wil leermeesters in die wet wees, maar hulle verstaan nie hulle eie woorde of die dinge waaroor hulle so selfversekerd praat nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle wil leermeesters van die wet wees, maar hulle verstaan nie wat hulle sê, of dit waarop hulle aandring nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle wil vir ander mense leer wat die Wette van Moses sê. Hulle dink hulle weet alles, maar hulle verstaan self nie wat hulle sê nie en hulle verstaan ook nie die dinge waaroor hulle praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle wil so graag hê mense moet sê dat hulle kenners van die godsdienstige sake en wet is. Maar ongelukkig weet hulle glad nie waarvan hulle praat nie. Hulle praat asof hulle so baie weet, maar eintlik weet hulle niks.