1 Timothy 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek vermaan dan dat in die eerste plek smekinge, gebede, voorbedes en danksegging gedoen moet word vir alle mense;
Afrikaans (NLV) 2011
Eerstens spoor ek jou aan om vir alle mense te bid met smeking, voorbidding en danksegging.
Afrikaans 1933/1953
In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;
Afrikaans 1983
Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Heel eerste versoek ek dat smekinge, gebede, voorbidding en dankgebede vir alle mense gedoen word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sê dit is belangrik dat julle vir al die mense moet bid. Sê vir God wat hulle nodig het, vra vir God om hulle te help en sê ook vir God dankie vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die eerste ding wat ek vra, is dat julle vir almal moet bid. Vra dat God almal moet help met wat hulle nodig het en sê vir God dankie daarvoor.