1 Timothy 2:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ek laat 'n vrou nie toe om te onderrig of die gesag oor die man toe te neem nie, maar om in stilte te wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek laat vroue nie toe om mans te onderrig of oor hulle gesag uit te oefen nie. Laat hulle eerder stilweg luister.
Afrikaans 1933/1953
Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
Afrikaans 1983
Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek laat nie toe dat 'n vrou onderrig gee, of oor 'n man gesag uitoefen nie; sy moet haar stil gedra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek wil nie hê dat 'n vrou vir ander mense moet leer nie en sy moenie vir 'n man sê wat hy moet doen nie. Nee, sy moet stil wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek wil nie hê dat vroue die mans se werk moet doen terwyl hulle besig is om die gemeente te leer nie. Hulle moenie probeer baasspeel oor die mans nie, maar eerder stil sit en luister.