1 Timothy 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus;
Afrikaans (NLV) 2011
Want daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen. Hy is die mens Christus Jesus.
Afrikaans 1933/1953
Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,
Afrikaans 1983
Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want daar is een God, en een Middelaar tussen God en die mense: die mens •Christus Jesus,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die waarheid is: Daar is net één God en daar is net één Persoon wat God en die mense bymekaar kan bring, dit is die mens Christus Jesus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar is mos net een God en daar is net een Mens wat ons kan help om by God uit te kom, en dit is Christus Jesus.