1 Timothy 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het om op die regte tyd getuig te word.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het sy lewe gegee om vryheid vir elkeen te koop. Dit is die boodskap wat God aan die wêreld gegee het op die bestemde tyd.
Afrikaans 1933/1953
wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,
Afrikaans 1983
wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat Homself as losprys vir almal gegee het, tot getuienis op die bestemde tyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het sy lewe gegee en Hy het gesterf om al die mense vry te maak. So het Hy gewys dat die regte tyd gekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het die prys betaal wat nodig was sodat ons saak met God weer reg kon wees; ja, Hy het Homself daarvoor gegee. Op die regte tyd het Hy gewys dat God mense graag by Hom wil hê.