1 Timothy 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waartoe ek aangestel is as 'n prediker en 'n apostel (ek spreek die waarheid in Christus en lieg nie;) 'n leraar van die heidene in geloof en waarheid.
Afrikaans (NLV) 2011
En ek is gekies — dit is die absolute waarheid — as ’n prediker en apostel om die nie-Joodse nasies te onderrig in geloof en waarheid.
Afrikaans 1933/1953
waartoe ek aangestel is as 'n prediker en apostel -- ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie -- 'n leraar van die heidene in geloof en waarheid.
Afrikaans 1983
Met die oog hierop is ek aangestel as prediker en apostel, as 'n leraar om die heidennasies te onderrig in die boodskap van die geloof en die waarheid. Ek praat die waarheid, ek lieg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hiervoor is ek aangestel as prediker en •apostel – ek praat die waarheid, ek lieg nie – as leermeester om die heidene in geloof en waarheid te onderrig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom het Christus Jesus my gekies en aangestel om die goeie boodskap te bring vir die mense wat nie Jode is nie, en om 'n apostel te wees. Ek lieg nie as ek dit sê nie, ek praat die waarheid. Ek moet ook vir húlle die waarheid leer en ek moet vir hulle leer wat dit beteken om in Christus te glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Juis daarom het God my aangestel om vir al die mense wat nog nie van Hom gehoor het nie, die waarheid te gaan vertel oor sy Seun Jesus sodat hulle ook in Hom kan glo. Julle kan dit gerus maar glo, want ek sal nie vir julle lieg nie.