1 Timothy 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek wil dus dat die mense oral moet bid en heilige hande ophef, sonder toorn en twyfel.
Afrikaans (NLV) 2011
Waar julle ook al vergader, wil ek hê mans moet bid met hulle hande opgehef na God, vry van woede en twis.
Afrikaans 1933/1953
Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.
Afrikaans 1983
Ek wil dus hê dat die mans by elke plek van samekoms met 'n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek verwag van die mans dat hulle op elke plek sal bid, met heilige hande omhoog, sonder woede en rusie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek wil hê die mans wat hulleself aan die Here wy, moet tot die Here bid. Hulle moet hulle hande ophou na die hemel en hulle moet bid op elke plek waar hulle bymekaarkom. Hulle moenie vir mekaar kwaad word en stry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As julle saambid, wil ek hê dat julle met oorgawe moet bid. Verwag ook dat die Here julle gebede sal beantwoord, mits julle nie kwaad is vir mekaar of oor alles stry en baklei nie.