1 Timothy 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So ook, dat vroue hulleself versier in beskeie klere, met skaamte en nugterheid; nie met gebreide hare, of goud of pêrels, of duur kleed nie;
Afrikaans (NLV) 2011
En ek wil hê vroue moet beskeie wees in hulle voorkoms. Hulle behoort ordentlike en paslike klere te dra en nie die aandag op hulleself te vestig deur die manier waarop hulle hulle hare tooi of goud of pêrels of duur klere dra nie.
Afrikaans 1933/1953
So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,
Afrikaans 1983
Van die vroue wil ek hê dat hulle ook in hulle kleredrag waardig, beskeie en ingetoë moet wees. Hulle versiering moenie haarkapsels en goud of pêrels of duur klere wees nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So ook moet die vroue hulleself versier met behoorlike kleredrag, beskeie en sober, nie met haarvlegsels en goud of pêrels of duur klere nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek wil ook hê dat vroue mooi moet wees omdat hulle die regte klere dra, klere wat wys dat hulle nie slegte vroue is nie en dat hulle mooi maniere het. Hulle moenie hulle hare so mooi vleg dat almal altyd daarna wil kyk nie, en hulle moenie goue juwele of pêrels of baie duur klere dra nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vroue moet ook ordentlik aantrek sodat hulle nie die verkeerde boodskap vir ander mans gee en so hulle eie man in die verleentheid bring nie. Hulle moet so aantrek dat God en hulle man tevrede sal wees.