1 Timothy 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nie 'n beginner nie, sodat hy nie in hoogmoed verhef word in die oordeel van die duiwel nie.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Ouderling moet nie ’n onlangse bekeerling wees nie, want as hy so gou gekies word, kan hy dalk verwaand raak, en die duiwel sal dié verwaandheid gebruik om hom tot ’n val te bring.
Afrikaans 1933/1953
Hy moet nie 'n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.
Afrikaans 1983
Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy moet nie 'n pasbekeerde wees nie, sodat hy nie verwaand word, en in dieselfde oordeel as die Duiwel beland nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Ouderling moenie iemand wees wat kort gelede 'n gelowige geword het nie. As hy nog nie lank 'n gelowige is nie, dan sal hy miskien hoogmoedig word, en dan sal God hom straf soos God die duiwel straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit moet ook liefs iemand wees wat darem al ’n rukkie ’n Christen is. Die gevaar is dat iemand wat onlangs ’n Christen geword het, dalk te veel van homself sal begin dink as hy so gou ’n leier word. Dit sal sy verhouding met die Here natuurlik baie sleg doen. Die duiwel het ook mos te veel van homself begin dink.