1 Timothy 5:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Moenie 'n beskuldiging teen 'n ouderling ontvang nie, maar voor twee of drie getuies.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie na klagtes teen ’n ouderling luister nie, tensy daar twee of drie getuies is wat hom aankla.
Afrikaans 1933/1953
Moenie 'n beskuldiging teen 'n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.
Afrikaans 1983
'n Beskuldiging teen 'n ouderling moet jy nie aanneem nie, tensy dit deur twee of drie getuies bevestig word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moenie 'n klag teen 'n ouderling aanvaar nie, behalwe as twee of drie getuies dit kan bevestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moenie luister na iemand wat sê dat 'n ouderling verkeerde dinge gedoen het nie, maar wanneer daar twee of drie getuies is, dan moet julle na so iemand luister.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie julle aan allerhande stories oor ’n leier in die gemeente steur nie, tensy dit bevestig word deur twee of drie ander mense.