2 Chronicles 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan; want wie kan hierdie u volk, wat so groot is, oordeel?
Afrikaans (NLV) 2011
Gee my tog wysheid en kennis sodat ek hulle reg kan regeer, want wie kan oor hierdie groot volk van U regeer?”
Afrikaans 1933/1953
Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit-- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer?
Afrikaans 1983
Gee my nou wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wysheid en oordeelsvermoë, gee dit dan nou vir my, sodat ek voor hierdie volk kan uittrek en terugkeer. Want wie kan regspreek oor hierdie groot volk van U?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet nou vir my wysheid gee en U moet my help om alles te verstaan, sodat ek hierdie volk kan lei, want wie kan alleen oor hierdie groot volk van U regeer? Niemand.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gee my tog wysheid en kennis om hulle goed te regeer, want hoe anders kan ’n mens hierdie groot volk van U regeer?”